Testimonials


Raasblaar @ Vaalriver South-Africa – Johan Badenhorst Jan ’21

Equipped 4 Africa se Raasblaar is deur Andries in onder andere Lesotho se bergpasse, grondpaaie en verskeie ander omstandighede en terreine getoets. Desember 2020 het onwetend vir ons ‘n paar toetse met ons Raasblaar ingehou in onbeplande ekstreem weer kondisies. Storm winde van 75km/h, reen wat in ‘n paar dae se tyd turf grond en grond paaie gedeurweek het, en die uiterste van die toets was ‘n 15 minute haelstorm wat hael op Parys se Vaalrivier oewer party plekke to 30cm dik laat le het. Ouder gewoonte het goeie voorbereiding met die regte anker toue en anker penne verseker dat ons Raasblaar die toetse met lof geslaag het.

Groot “thumbs up” vir Andries met sy Raasblaar Boswa met die BunduAwn 360 kombinasie. Baie dankie aan Bundutec met hulle uitstekende BunduAwn 360. Met geen water wat opgedam het op die awning nie, en met die vol addisionele muur paneel stel vir die BunduAwn was almal, insluitend die 4 been kinders (10 weke oue Morkies) almal droog en veilig.

Dit is voorwaar ‘n wen kombinasie en het verseker die uiterste toetse geslaag. Welgedaan!!

JOHAN BADENHORST